Gebedsbrief |
Adullam Sending |
… een in liefde, een van hart, een in strewe |
Die Woord leer ons dat ons oor niks besorg moet wees nie, maar in alles ons begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend moet maak. (Filippense 4:6)
Vandag kan ons weereens getuig hoe die Here in Sy groot getrouheid nog ’n gebedsbehoefte verhoor het:
Die Sendingkombuis word ‘n Permanente Struktuur
Adullam Sending se bestaande kombuisgebou is ‘n tydelike struktuur van sink - in die wintermaande is dit ysig en gedurende die somermaande baie warm met nie genoegsame ventilasie nie. Die nood vir opgradering van die bestaande kombuisfasiliteite het noodsaaklik begin word, omdat die werk van die kombuis geweldig toegeneem het en las op die personeel verdubbel het.
Ons kombuispersoneel (bestaande slegs uit vroue) bedien daagliks drie etes aan tussen 250 en 300 individue. Dit sluit medewerkers en hul gesinne, koshuisstudente, besoekers vir geestelike hulp en gaste in. Kos moet in swaar potte omgeroer en ver na opdieningspunte en weer terug na die opwasarea gedra word. Vragte skottelgoed word ook per hand versorg. Die nuwe struktuur se uitleg spreek die volgende (beplande) behoeftes aan:
· Bedieningsarea: Voedsel sal direk vanuit die kombuis bedien kan word. Swaar potte hoef dus nie meer vir be- dienings/opskepdoeleindes so ver na die eetsaal rondgeskuif te word nie · Opwasarea: Ons bid vir ‘n industriële skottelgoedwasser om arbeid, higiëne en produktiwiteit te balanseer · Kookgeriewe: Aardgas tot ons beskikking kan dan beter benut word en oonde en stowe sal bymekaar wees · Vriesgeriewe: Vergroting van bestaande vries en koelkamers om die groeiende behoefte te akkommodeer · Stoorgeriewe: Aanbring van rakke in die nuwe spens sal die bestuur van voedsel vergemaklik · Afvoergeriewe: Nuwe afvoergeriewe sal ons in staat kan stel om skottelgoedwaswater te suiwer (van soliede afval en vette opvang), sodat dit verder in die rioolstelsel afgevoer kan word · Afleweringsone: Onderdak aflaai van produkte ens te vergemaklik
Bid asseblief saam met ons vir ‘n industriele skottelgoedwasser en afdroograkke (drip-dry-sisteem) sowel as vir die nodige finansies om hierdie projek te voltooi. Ook vir die verdere beoogde opgraderings van die tweede helfte wat die eetsaal gedeelte sal insluit.
Vordering van die Bouproses: |
Gebedsverhoring |
Indien die Here dit op u hart lê en u graag by Adullam Sending se projekte betrokke wil raak, is u welkom om ons te kontak. Adullam Kantoor: Tel (017) 689 2001 / 4 of E-pos: adullamaca@secunda.co.za. Die Here seën u! |
Indien u betrokke wil raak |
UITGAWE: September 2009 1 |
KOMBUIS GEBOU I: Sinkstruktuur is afgebreek en word vervang deur bakstene. |
KOMBUIS GEBOU III: Die voltooide struktuur. Werkers is tans besig met pleistering sowel as die aanlê van water en elektrisiteit. |
KOMBUIS GEBOU II: Amper dakhoogte |
Terug na www.adullam.org.za |