Adullam Sending   Posbus 7077  Secunda   2302  Mpumalanga  SUID AFRIKA   Tel (017) 6892001/4     Faks (017) 6892018

                                                                                                    

Uitgawe: November ‘10

Text Box: Gebedsbrief

Die Pad van Wysheid en Lewe

Spreuke 2

 

 

Die enigste manier om die regte bestemming te bereik is om
die regte pad te kies.

 

Die Bybel moedig ons baie keer aan om die regte pad te kies, maar die wêreld dink daar is baie weë na God en dat enige pad wat jy met erns volg, jou uiteindelik by God sal bring.

 

Jesus maak dit baie duidelik dat in hierdie lewe ons net een van twee paaie kan neem, en elkeen van hulle lei na ʼn ander bestemming. Elkeen moet kies of hy die oorvol pad wil kies wat na die verdoemenis lei of die smal pad wat na die lewe lei. Daar is geen middeweg nie.

 

Wysheid is nie net ’n persoon wat ons moet liefhê nie, maar ook ’n pad wat ons moet loop.

 

Indien jy wysheid wil hê, moet jy -

 

aandagtig na God luister, Hom nederig gehoorsaam,

ernstig vra en ywerig soek, soos ’n myner soek na silwer en goud.

 

Om wysheid te bekom is nie iets wat ons een keer per week kan probeer doen nie. Dit moet ons daaglikse dissipline wees. Ons lewe egter in ʼn era van mikrogolf oonde, kitskosse en baie “doen dit maklik” boeke. Daarom het min mense die behoefte om diep te delf in die Woord en van God te leer. Televisie het die aandagspan verkort, godsdienstige ontspanning word vir aanbidding voorgehou en maak dat die geestelike aptyt vlak is. Geen wonder dat min mense tyd maak om heilig te lewe en dat meer en meer mense prooi van die duiwel word.

 

Mense is bereid om hard te werk in hulle werk omdat hulle ʼn salaris verwag, maar lê hulle hulleself ook toe om die geestelike rykdom te verkry? Dit is immers meer werd as goud, silwer en juwele en sal hou vir ewig. Daar is ʼn prys wat betaal moet word om geestelike wysheid te kry, maar daar is ʼn hoër prys wat ons sal betaal as ons dit nie kry nie. Ons moet met God wandel deur die bestudering van Sy Woord.

 

Op hierdie pad ontmoet ons die “bose man” en die “snaakse vrou”, twee mense wat baie gevaarlik is en poog om die kinders van God van die pad af weg te trek. Die bose man is bekend vir sy bose woorde. Hy wandel in die duister van ongehoorsaamheid aan God en geniet om sy bose dinge te doen. Die persoon wat in wysheid wandel sal dadelik die boosheid sien en hom vermy.

 

Die snaakse vrou is die egbreekster. Sy gebruik verleidelike woorde, woorde wat manipuleer, sy vertel vir mense wat hulle graag wil hoor, maar wat hulle weet nie waar is nie. Sy het geen respek vir God nie, sy breek Sy wet en het geen respek vir haar man nie want, sy verbreek al die beloftes aan hom gemaak. Enige een wat na haar luister is op pad na die begrafplaas.

 

Die bose mag dalk suksesvol lyk, maar sy einde is verwoesting (Ps 73). Die goddelike is gewortel in die goedheid van God (Ps 1:3), maar die goddelose sal uitgepluk word.

 

Die veiligste en mees bevredigende pad is die pad van wysheid, die pad van die lewe. 

Kom ons word stil

een in liefde, een van hart, een in strewe