Gebedsbrief |
Adullam Sending |
… een in liefde, een van hart, een in strewe |
Die Lewe wat God Behaag |
Indien die Here dit op u hart lê en u graag by Adullam Sending se projekte betrokke wil raak, is u welkom om ons te kontak. Adullam-kantoor: Tel (017) 689 2001 / 4 of E-pos: adullamaca@secunda.co.za. Die Here seën u! |
Indien u betrokke wil raak |
UITGAWE: Mei 2010 1 |
Die pas afgelope Paasnaweek het ons die voorreg gehad om te vergader
Daar het sulke wonderlike sake na vore gekom dat ek hier en
Genade en Waarheid
Die Here se begeerte is dat ons in genade en waarheid moet groei.
Totale Afhanklikheid
Die Here vind vreugde daarin wanneer ons in álles van Hom afhanklik is. As ons, ons deur Sy Woord en Gees laat lei. Is dit die geval, of vind ons dit net nodig om Sy leiding te soek waar ons geen raad (meer) het nie?
Gebrokenheid
Die Here vind ook vreugde daarin wanneer ons gebroke is. Ons moet, soos ’n lyk wat nie op enige iets reageer nie, dood wees. Die Here moet net déúr ons lewe. Hy het vir ons aan die kruis gesterf, maar Hy wil dat ons óók sterf. Indien ons na die kruis kyk, moet ons twee dinge besef - eerstens dat Hy vir ons gesterf het. En tweedens, dat ons ook saam met Hom moet sterf. Eers dan het die kruis wérklik in ons lewe gewerk.
Vrugbaarheid
Die begeerte van die Here is dat ons véél vrug sal dra. Ons moet nie vlak grond, sonder wortels wees nie; dan sterf ons gou geestelik. Ook moet ons nie toelaat dat die begeertes van die lewe, plesier, rykdom en sorge ons oorheers nie. Om die Here te behaag, moet ons diep grond wat veel vrug tot eer van God dra, wees. Hoe vrugbaar is jou lewe vir die Here?
Asa het gedoen wat reg was in die oë van die Here en die Here het vir hom wonderlike oorwinnings gegee. Later in sy lewe het hy egter sy eie planne gemaak en geskenke vir Aram gestuur. Die Here kon toe nie vir hom die oorwinning oor sy vyand gee nie. Hulle het wel die saak op die kort termyn beredder, maar dit het nie die Heer se seën weggedra nie.
Hoe baie keer vertrou ons sóms op die Here, maar ander kere op onsself. Só ‘n tipe lewe behaag nie die Here nie.
Mag die Here ons genadig wees sodat ons Hom in álles kan behaag.
Japie Malan Adullam Sending |
Terug na www.adullam.org.za |