1

Uitgawe:  MEI 2008

hulle uitgestuur moet word wat die land vir hulle kan verken en hulle kom inlig oor die pad wat hulle moet vat en oor die stede waarheen hulle op pad is. Moses dink ook dis ʼn goeie plan en hy het twaalf man uit die volk gekies, een uit elke stam. Hulle het die Bergwêreld ingegaan en by die Eskolvallei gekom en dit verken. Hulle het van die vrugte van die land na die volk toe gebring en vir hulle kom sê: Die Here ons God gee ons ʼn goeie land.

 

Moses herinner hulle daaraan dat hulle  nie wou optrek nie. Hulle het hulle verset teen die opdrag van die Here hulle God.  Hulle het in hulle tente bly sit en mor, en gesê: Omdat die Here ons haat, het Hy ons uit Egipte laat trek om ons aan die Amoriete oor te gee sodat hulle ons kan uitroei. Waarheen kan ons nou gaan? Ons broers het ons moed gebreek toe hulle gesê het: Daar woon ʼn volk wat groter en sterker is as ons. Hulle het groot stede en sterk, hoë vestings. Ons het ook die Enakiete, die reuse, daar gesien.

 

Toe het hy vir hulle gesê: “Moenie bang wees nie, moenie vir hulle skrik nie. Die Here julle God gaan voor julle uit en Hy sal vir julle veg net soos Hy in Egipte voor julle eie oë alles vir julle gedoen het. Julle het in die woestyn ondervind hoe die Here julle God julle die hele pad waarlangs julle tot hier toe gekom het, gedra het soos ʼn man sy

Geloof is om absoluut op die Woord en die beloftes van God te staan en daaruit te handel al lyk dit nie reg nie.

 

In Deuteronomium 1 lees ons hoe Moses die Israeliete toegespreek het in die woestynvlakte oos van die Jordaan. Dit was nou die veertigste jaar na die uittog uit Egipte. Hulle staan op die drumpel van dit waarheen hulle uitgesien het. Sihon en Og is reeds verslaan deur die volk. Moses herinner hulle aan wat gebeur het toe hulle by Horeb was en God die opdrag gegee het om nou te trek. Hy wil voorkom dat hulle weer in ongeloof verval en hy herinner hulle aan die vorige keer.

 

Dit sal ons baat om onsself aan die verlede te herinner dat ons nie in ongeloof verval nie.

 

Die Here het die opdrag gegee dat hulle moet kamp afbreek en die Bergwêreld van die Amoriete intrek. God sê vir hulle dat Hy die land tot hulle beskikking stel. Hulle moet slegs intrek en dit in besit neem. Dis reeds hulle s’n. “Ek, die Here, het met ʼn eed beloof om dit aan julle voorvaders Abraham, Isak en Jakob te gee en aan hulle nageslag; daarom: Moenie bang wees nie, moenie huiwer nie”.

 

Die woord van die Here was nie genoeg nie - hulle wou sien. Hulle vra toe dat manne voor

Adullam Sending

Die Lang en Moeilike Pad van Ongeloof

Posbus 395 Evander 2280      Tydelike Nommer: 083 992 4448     adullamaca@secunda.co.za 

Text Box: Gebedsbrief