Text Box: 1

Text Box:  

Text Box: aansteeklik, dodelik en dit begin met ‘n vlek wat onskuldig lyk. Ons hart is bedrieglik, dit gee aan ons hande melaatsheid en aan almal wat ons aanraak gee ons hierdie seldsame siekte. Net die HERE kan die hart van die sondaar verander, maar dit vra van ons dat ons ons hart voor HOM sal ontbloot - ons sonde sal bely en laat staan. Het jy al die diepte van jou              melaatse hart gesien en dit hanteer - vir GOD gevra om dit te heilig? Dit is die   eerste stap om met GOD reg te wees. Is jy reg met GOD?
Die derde teken is die teken van oordeel vir die wat nie luister - die wat nie op die HERE steun nie, wat nie die melaatse hart laat heilig nie, met dit nie deel nie. Die water word in bloed verander, dit wat lewe moet bring, bring die dood. As ons nie die bose hart van ons voor GOD hanteer en heilig nie, sal die oordeel ál wees wat oorbly. 
Vlug na die HERE voor SY oordeel jou inhaal. Glo in die HERE JESUS en jy sal lewe.                                               
Ds Japie Malan

Text Box: Moses is die gekose leier van GOD om die volk uit Egipte te lei. Dit is vir hom moeilik om GOD te glo - al is die vuur-vlam hier voor sy oë en al hoor hy die stem van GOD self. Tog werk die HERE met hom in lankmoedigheid en HY gee vir Moses drie    tekens om aan die mense in Egipte te bewys dat hy werklik die gestuurde van GOD is.
Die eerste teken. Die staf word gebruik om op te steun as mens loop, te help as die bulte styl is en ook om as wapen in tye van  gevaar te dien. Die staf wys dat ons altyd in afhanklikheid van die HERE moet lewe. Volgens Psalm 23 is SY krag en genade, ons staf. As ons die HERE los, onafhanklik van HOM lewe, staan ons hulpeloos voor die duiwel. Lewe jy in alles in afhanklikheid van die HERE? Spandeer jy jou geld met die HERE? Ry en gaan jy waar die HERE lei - of net waar jy wil? Indien ons on-afhanklik van die HERE lewe, sal die duiwel ons vang en mislei. Die duiwel is onder die gesag van die HERE - HY gee die bevel en Moses kan die slang aan die stert gryp. GOD is in beheer, maar dit gee nie aan ons die reg om met die duiwel te speel nie. Ons kan nie op die duiwel se terrein tree, sonder om seer te kry nie. Ons moet in alles met die HERE  wandel.
Die tweede teken - Moses moet sy hand in sy boesem steek en dit kom vol me-laatsheid daaruit. Melaatsheid is die  simbool van sonde; walglik,

Text Box: Adullam Sending

Text Box: ‘n Heilige Hart voor GOD

Text Box: Uitgawe: MAART 2007
Text Box: Nuusbrief
Text Box: *Posbus 395 Evander 2280 * Tel 017 689 2001/4 *Faks 017 689 2018 * adullamaca@secunda.co.za *
Text Box: GEBEDSBRIEF

Text Box: Terug na die tuisblad
www.adullam.org.za