1

Uitgawe: FEBRUARIE 2008

gelaat word. So is dit in die lewe van die gelowige ook; daar is vuur         

nodig. In Maleagi 3:1-3, sê die HERE dat die vuur van die smel-ters so warm is, en vra die vraag: Wie sal kan standhou? Die HERE bring na vore die drek in ons lewe sodat ons daarmee kan deel, dat ons die sonde kan bely en laat staan.

1 Petrus dui ook duidelik aan dat die HERE dit doen sodat die            egtheid van ons geloof duidelik kan word. Hierdie geloof is kosbaarder as goud. Die geloof moet waardigheid en eer by die wederkoms ontvang. Die belangrike punt is dat ons gesindheid die van verheug moet wees.

In Hebreërs 12:4-12 stel die Skrif dit duidelik dat GOD ons tugtig

GOD werk in ons lewe deur die swaar en die moelike dinge.

Daar is een saak wat ons almal graag wil vermy: swaarkry en moeilikhede. Ons almal soek                 omstandighede van ewigdurende vrede en geluk. Ons reken dat ons almal dit verdien, want ons is mos immers nie slegte mense nie en die HERE is dit darem aan ons                 verskuldig.

Dit is egter nie hoe die HERE hierdie saak sien nie. Hy is besig om die beste in ons te werk sodat Sy beeld al meer in ons kan blyk. Hy wil ons geloof, die goud in ons, suiwerder maak, sodat ons soos ‘n spieël,  wat Sy heerlikheid uitstraal, kan wees.

Vir goud om gelouter te word is daar vuur nodig - ’n baie warm vuur. Die drek skei en word afge-skep sodat die goud suiwerder          

Text Box: Adullam Sending

Geestelike Groei

Posbus 395 Evander 2280      Tel 017 689 2001/4      Faks 017 689 2018     adullamaca@secunda.co.za 

Gebedsbrief