1

Uitgawe:  APRIL 2009

ontevredenheid of tevredenheid, die reaksie is wat ons het op ons omstandighede. Dit is nie die moeilikheidsgraad van die omstandighede waarin ons is, wat ons ontevrede maak nie.

Wátter situasie ons ook al versoek om ontevrede te wees is nie die probleem nie, maar ons moet besef dat dit sonde is. Ons sien dit baie keer as ʼn natuurlike reaksie. As ons so dink, wys dit na die misleiding van sonde vir ons en dat ons daarmee vrede gemaak het. Ons reageer dieselfde as heidene wat nie die “God” faktor in hulle lewens het nie. Ons lewe dan eintlik goddeloos, asof God nie bestaan nie. Omdat ons dit nie as sonde sien nie, maak dit ons persepsie juis so gevaarlik en sal die deur vir groter sonde in my lewe oopgemaak word. Ontevreden-heid kan maklik lei tot bitterheid of afkeur aan ʼn ander kind van God.

Ontevredenheid kom gewoonlik voor wanneer daar ʼn langdurige omstandigheid is wat nie verander nie, maar kan soms ook oor die geringste saak voorkom.

 

Daar ís ook positiewe ontevredenheid soos met betrekking tot my geestelike groei - as ons tevrede is en terug sit, sal ons ophou groei. Ook is daar ʼn ontevredenheid met die sosiale ongeregtighede en ander onreg wat aangaan, en daarmee saam gaan die begeerte om verandering te sien.

 

Die mees algemene waarskuwing in die Bybel is egter teenoor die ontevredenheid wat ons het met geld en besittings.

                                                                                            Maar waarop ek klem wil lê, is die ontevredenheid onder Christene oor sekere  onveranderlike omstandighede wat soos toetse is

 waardeur hulle moet  gaan.

  

Hier kan ‘n mens dink aan enkellopendheid, onvermoë om kinders te hê, ongelukkige huwelik, fisiese gebrek, volgehoue swak gesondheid, materiële tekorte, ens.

Bo en behalwe hierdie ernstige toetse kan daar soms klein dingetjies wees wat ons tot ontevredenheid lei. Ek is nie goed met administratiewe dinge nie en omdat ek daarmee moet deel, raak ek ontevrede. Dalk moet ek sekere werk doen waarvan ek nie baie hou nie en dit lei dan ook tot ontevredenheid.

                                                                                           

Wat ons moet onthou, is dat 

Adullam Sending

 Tel 017 689 2001/4    Faks 017 689 2018   adullamaca@secunda.co.za 

Gebedsbrief